English | Zulu | Afrikaans | Shona
Die besluit om beheer van sy lewe oor te gee, het voorkom dat Dickson
Chilmabwe ‘n leeftyd van berou sou gehad het.
“Ek was soos ‘n verlore skaap,” vertel Dickson. “Ek
het drank misbruik en het baie verhoudings met vrouens gehad.
“Ten spyte daarvan dat ek as kind kerk en Sondagskool toe gegaan het,
het ek nie regtig iets van Jesus geweet nie.”
Op hierdie stadium van sy lewe het Dickson nie gedink dat om God te ken van
enige belang in die lewe was nie. Hy wou eenvoudig net vooruitgang maak en
dinge geniet wat hom goed laat voel het.
“Ek was baie ambisieus. Ek het my ouers en andere wat in die kerkkoor
gesing het geadmireer, omdat almal hulle talent raakgesien het.”
Dickson het egter terwyl hy sy ouers se verhouding met God geobserveer het,
besef dat God hóm werklik lief het en sy sondes wou vergeef.
“My ouers het ‘n voorbeeldige Christen lewe gelei en altyd die
Here se Woord met my gedeel.
“Dit was asof ek geen ander keuse gehad het as om na God toe te draai
nie. Ek het Christen lesings by die skool en die kerk begin bywoon en
mettertyd ‘n behoefte gehad om werklik ‘n kind van God te
word.
“Teen die ouderdom van 28 het ek ‘n keuse gemaak om my lewe aan
Jesus Christus toe te wy. Sy liefde vir my asook vir die wêreld, soos
dit beskryf word in Johannes 3 vers 16, het vir my ‘n realiteit geword:
‘God het die mensewêreld só liefgehad dat Hy sy enigste
Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die
ewige lewe sal hê.’“
Sedert hy die beheer van sy lewe aan Jesus oorgegee het, sê Dickson het
hy verslaaf geraak aan Bybellees en ‘n dieper verstaan van die Woord van
God.
“My gesindheid in my huwelik het baie verbeter en al my kollegas en
vriende het positiewe veranderinge in my opgemerk.
“God het my in baie situasies gehelp en baie emosionele wonde uit my
vorige lewe genees; onder andere my drankmisbruik en my verhouding met
vrouens. God beskerm my deur Sy krag teen alle euwels.
“Ek is bly dat Hy nog steeds in beheer van my lewe is en vir die
daadwerklike verandering wat God gebring het in my slegte
gewoontes.”
|