English | Zulu | Afrikaans | Bemba
‘n Skielike dood het ‘n groot leemte in Thulani
se lewe gelaat
Die kroeë in Entumbane, Zimbabwe was nie vir Thulani Ndebele onbekend
nie. Hy was dood eenvoudig ‘n dronkaard.
Hy het elke moontlike plek geken waar hy alkohol, veral bier, kon kry. Hy het
ook geweet dat sy drink gewoontes sy vermoë om werk te kry benadeel het,
maar hy was nie daaroor besorgd nie. Hy het geglo dat solank hy by sy ma en
broers en susters gebly het, hulle hom sou help.
“Ek het al my geld op bier uitgegee,” sê Thulani. “Ek
het gereeld laat by my werk opgedaag, al het ek die ambisie gehad om self
‘n besigheidsman te word.
In 1988 het ‘n tragedie Thulani getref en vir die eerste keer kon sy
familie hom nie help nie.
“In Mei is my beste vriend dood aan malaria. Omdat hy my enigste vriend
was, het sy dood my baie hard getref. Ek het só alleen en bang gevoel
dat ek het iemand nodig gehad wat my vertroosting kon bied.”
Daar was oor die jare baie mense wat die evangelie van Jesus Christus met
Thulani gedeel het, maar hy het dit altyd geïgnoreer. Selfs toe hy as
kind Sondagskool bygewoon het, het hy meer belangestel in pret en plesier as
om van God te leer. Hy was egter nou gereed om te luister en vertroosting uit
die Bybel te ontvang.
“Eendag oppad werk toe het ‘n vrou die evangelie met my
gedeel,“ onthou hy. “Sy het my na ‘n bybelstudie naby aan my
huis uitgenooi. Ek het soontoe gegaan en Jesus Christus as my Verlosser
aangeneem.”
“Die prediker het oor die liefde van God gepraat en ek was diep geraak
dat iemand my so lief kon hê dat Hy gewillig was om vir my skuld te
sterf. Ek het geweet ek het iemand nodig om my te vertroos nadat my vriend
oorlede is, daarom het ek tot God gebid.”
Ek het gesê; “Here Jesus, ek glo dat U vir my sonde gesterf het en
dat U opgestaan het uit die dood sodat ek die ewige lewe kan hê. Ek gee
nou my lewe oor aan U.”
Na sy bekering het Thulani opgehou drink en is hy getroud. Hy het drie seuns
en word in sy gemeenskap gerespekteer as ‘n man van God. Hy geniet sy
nuwe beroep as pastoor en weet dat God by hom sal wees ongeag sy
omstandighede.
Thulani sluit af; “God het baie van die hartseer uit my verlede uitgewis
en voorsien nou in alles wat ek nodig het. Ek weet ek kan nie die verlede
verander nie, maar ek is in staat om die toekoms te verander deur my geloof in
God en te glo dat Hy getrou is aan Sy beloftes.”
|